SOUT BROODJIES
As julle daarvan hou om dinge (redelik) veilig te hou, probeer van hierdie meer alledaagse vulsels.
■ Cheddarkaas, skywe tamatie (met lek ker baie sout en peper), dungesnyde rooi of wit-uie en ’n leksel blatjang.■ Dungesnyde klam beesbiltong, cheddar kaas en uiemarmelade.■ Gerookte salami, mozzarellakaas en songedroogde tamaties.■ Gaar spekvleis, saggebakte eier, cheddar of goudakaas en ’n leksel tamatiesous (of tamatiepesto).■ Skywe ryp tamatie (met lekker baie sout en peper), ’n smeersel knoffelmayon naise, basiliekruidblare en skywe moz zarellakaas.■ Dungesnyde chorizo, mozzarellakaas en repies gemarineerde soetrissies.■ Grofgekrummelde gaar boereworsvleis (trek die worsderms van gaar wors af en krummel die vleis met jou vingers), blatjang en skywe brie of camembert.■ Oorskiet-kerriemaalvleis, cheddarkaas en blatjang.■ Tuna-mayonnaise (of hoender-mayo), cheddarkaas en roketblare. GOURMET-BROODJIES
Steeds souterig en nommerpas vir hoofgereg, maar heelwat…
