Ja, daar is ikoniese boerekosse wat nie in die vleiskategorie val nie. Mosbolletjies, soetpatats, melktert en koeksisters, en dalk malvapoeding en slaphakskeentjies. Maar dié lysie word geheel en al oorskadu deur ons skatkis van tradisionele vleiskos. Ek dink aan rugstringpastei, Sondagskaapboud, bobotie, biltong en boontjiebredie. Wie kan tamatiekos met ’n vet vleisie, Kaapse kerrie en brosgebraaide skaaprib weerstaan? Dan is daar nog kerrievetkoek, geroosterde varklies wat sissend uit die oond kom, oornagwildsblad uit die Aga se pens wat in rafels uitmekaar val as jy ’n vurk daaroor trek . . . Of padkosfrikkadelle, koolfrikkadelle en outydse hoenderpastei met tuisgemaakte skilferkors. En ’n mens kan nie lewer in suursous, afval, sult of ’n oondgebakte skaapnek van die lys afhaal nie. Ek kan aangaan (en ons het nog nie eens die braaivleisvuur…
