NAMAKWALANDSE SOETSUURDEEGBROOD
Verna Stuurman
Dís nou ’n lekkerny so reg uit my kinderjare! Die geur van soetsuurdeegbrood, moerkoffi e en Cobra-politoer op ’n Saterdagoggend is dié van my ouma se Edensingelkombuis. Dieselfde soetsuurdeegbrood-herinneringe vat my nog verder terug na my oumagrootjie se huis in Steinkopf, met die ronde kookhuis bedek met goiingsak. Ook die tannies met die voorskote en kappies to match wat die lekkerste vaalbredies en afvalpotte aan die gang gehou het vir al die groot geleenthede.
Etsê, dan sal ’n orduntlike xhorro or hierdie dierbaarhede darem tog nxa wees, ek meen mar!
In Namaqualand the cooking was done in the kookhuis, a round, tent-like structure in the yard. That’s where the magic happened. The outside oven, resembling a pizza oven, was used mostly to bake loaves upon loaves…