NES enige ander gemeenskap het ’n karavaanpark sy eie ekologie – die mense wat elke jaar op dieselfde plek staan, nuwelinge, ongeskrewe reëls, bondgenootskappe, vyandskappe, en wrywing wat opbou. Dis juis hierdie aspek wat Christiaan Olwagen, skepper van die nuwe dramareeks van tien episodes, die idee gegee het vir DIE OORD. “Dis die perfekte lockedroom-ruimte vir ’n moordreeks,” sê hy. Hier is wat jy vooraf moet weet.
1 MARTIE, gespeel deur Jana Kruger (ook op hooffoto), is ’n kriminoloog wat vir die eerste keer in jare met vakansie gaan. Sy hoop hierdie vakansie by die Seerust-kampeerterrein op die fiktiewe Kalfiebaai saam met haar suster kan haar en haar seun net goed doen.
2 Martie se seun, PAUL (Liam Bosman), is groot dele van die jaar op universiteit, en hy en…
