SPELTEMPO
Die Blou Bulle loop agter en Kallie kou sy naels stomp af.
“Kalmeer, dis nog net die eerste helfte,” sê ou Mike.
“Ek weet,” sê Kallie, “maar my bloeddruk is reeds diep in die tweede helfte.”
Johanna Rademeyer
SY BEURT
Oom Piet is dodelik siek.
“Vrou, as ek dit nie deur die nag maak nie, trou asseblief met Jaap,” fluister hy.
“Jaap? Maar hy’s mos jou aartsvyand,” antwoord sy stomverbaas.
“Dis juis hoekom, ek wil hê hy moet ook swaarkry!”
Hanlie Pieters
SO IS DIE LEWE
Wanneer jy ’n kind is, beteken naweke pret. Wanneer jy ’n volwassene is, beteken naweke wasgoed was en gras sny.
Johanna Rademeyer
HOFTYD BETAAL
Beskuldigde doodernstig aan die landdros: “Ek’t gedink ek is skuldig, U Edele, maar my regsverteenwoordiger het my daarvan oortuig…