NOG nie sedert die OJ Simpson-sage in die 1990’s het ’n misdaad Amerika só aangegryp en gefassineer nie.
Elke koerant, TVnuusprogram en webtuiste in die VSA het dit gedek. YouTubers het dit ontleed, amateurspeurders het elke detail uitmekaargehaal, sosialemediagebruikers het hulle sê gesê, en die polisie is oorval met duisende wenke. Baie daarvan is opgevolg, almal sonder enige resultaat.
Die verdwyning van Nancy Guthrie, ’n 84-jarige ouma met ’n hartsiekte en die ma van die TV-nuusleser Savannah Guthrie, het ’n stil woonbuurt in Tucson, Arizona, gewild onder afgetredenes, in ’n wêreldwye skouspel verander.
En tog, soos dae in weke verander het, het die raaisel net aangehou. Dit het gelyk of Nancy spoorloos verdwyn het.
Die drama begin omstreeks 01:00 op 1 Februarie, ’n koue, stil Sondagoggend in die deftige Catalina…