‘EK’S in Durban gebore, maar het as kind wyd saam met my ma, Alta, ’n digter, en pa, Suren, ’n nou afgetrede suikerrietboer, rondgetrek. Ek’s van half-Afrikaanse en half-Indiese afkoms, was in byna twaalf verskillende skole en daar was heelwat uitdagings. Nie die ideale jeug nie, maar dit help mens ook karakter bou.
My ouers het my die waarde van selfstandigheid en verantwoordelikheid geleer. Ek het vroeg geleer om alles te doen om doelwitte te bereik, selfs wanneer deure toeklap.
Ek was op skool ’n vrywilliger by ’n diereskuiling in Johannesburg. Vir lank wou ek ’n veearts word of minstens ’n veeartsenykundige assistent wees.
Ek het by die Dierebeskermingsvereniging as ’n leerlingwerker ingeval. Dit was ’n openbaring oor wat dit beteken om in Suid-Afrika in dierewelsyn te werk. Dis skokkend,…
