SY IS net ses, maar sy roep met selfvertroue: “Action!”
En dan, mooi gehoorsaam, luister almal vir die klein regisseurtjie.
Die mense agter die kameras, die mense wat die klank opneem, selfs die regte regisseur.
En ook haar ma. Want as die een wat die volgende skoot moet inlui “Action” roep, luister álmal – ook Reandi Grey.
Sy’s die aanbieder van Boer soek ’n vrou, maar dis vandag haar dogtertjie wat die volgende “link” aankondig.
‘AS MAMMA WEG IS, MIS ONS HAAR BAIE’ ’n “Link”, het klein Heidi hier tussen die kameramanne geleer, is die tussenskote van tonele – die stukkies wat opgeneem word om die aksieskote te verbind.
Sy’s saam met haar sussie, die driejarige Lente, en haar pa, Dewald, hier op die plaas naby Loskopdam in Mpumalanga om…
