covid-19 en mense se gedrag weens die pandemie was ’n katalisator vir verandering, hoofsaaklik vir die tradisionele kleinhandels-, kantoor- en nywerheidseiendomsmark. Belegging in die kleinhandel- en kantoorsektor, wat deur die pandemie geraak is, krimp op die oomblik. Die nywerheidsektor brei egter steeds uit.
Tradisionele eiendomsbeleggingsmarkte bly steeds voortbestaan, maar met die koms van hibridiese kantoor- en werk-tuis-modelle, is die struktuur van eiendomsbeleggingsmarkte besig om te verander, sê Ahmed Motara, ’n ontleder van genoteerde eiendom by Stanlib, aan finweek.
“Vandag praat ons wêreldwyd van eiendomsektore soos datasentrums, logistiek, berging, hotelle, senior behuising en ’n reeks gespesialiseerde nisse in die globale eiendomsbeleggingsmarkte,” sê hy.
“Party sektore ervaar steeds stewige kapitaalgroei, terwyl ander meer bekend is vir hul inkomstegroeidinamika oor ’n tydperk. As ’n algehele mark glo ons egter dat inkomste besig is…
