’n Oproep deur president Cyril Ramaphosa om wydverspreide onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng te laat bedaar ná die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma was nie genoeg om duisende plunderaars, van wie baie opportunisties, te keer om sakeondernemings in Suid-Afrika se twee provinsies met die grootste bevolkings, aan te val en te stroop nie.
Talle klein ondernemings, waarvan baie deur buitelanders besit word, het die ergste deurgeloop onder aanvalle wat verbind word met ondersteuners van die voormalige president, nou ’n misdadiger. “Die Kleinsake-instituut veroordeel ten sterkste die kwaadwillige plundery van sakeondernemings, vernietiging van noodsaaklike ekonomiese infrastruktuur, uitbrand van vragmotors en versperring van paaie, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Gauteng,” sê die instituut in ’n mediaverklaring.
Alan Mukoki, uitvoerende hoof van die SA Kamer van Koophandel en Nywerheid, het gesê: “Daar is geen…
