ONS HEIL LÊ BY DIE PLANMAKERS
Miskien het jy al van Temple Grandin gehoor. Miskien het jy so vyf jaar gelede die fliek oor haar met Claire Danes in die hoofrol gesien. Temple is ’n Amerikaanse professor in dierewetenskap wat deur haar besondere insig in hoe beeste dink en reageer en hoekom hulle bang word en skrik, die regte soort krale en drukgange kon ontwerp. Dit het die standaarde, menslikheid en doeltreffendheid van die hele Amerikaanse rooivleisbedryf ’n groot hupstoot gegee. Die merkwaardige feit oor Temple is dat sy outisties is. Sy sê outistiese mense dink in terme van praktiese prentjies (soos foto’s) met veel meer detail as gewone mense, wat baie meer abstrak dink, in woorde of in abstrakte wiskundige idees. Sy glo ons samelewing het, tot sy eie nadeel, in ’n stadium mense wat effens anders…