Wanneer Guillaume Bénoliel op die klavierstoeltjie sit en Rachmaninoff se “Italiaanse Polka” vir ’n komende konsert oefen, hang sy voete in die lug.
“Ek het al talentvolle mense in my loopbaan ontmoet, maar niemand soos hy nie,” sê dr. Serguei Kouznetsov, sy leermeester.
Die sesjarige Guillaume is in Augustus in ’n internasionale klavierkompetisie in Salzburg, Oostenryk, as beste jong musikant aangewys. Daarby het hy ’n spesiale prys gekry vir uitsonderlike jong talent.
Salzburg is die geboorteplek van Wolfgang Amadeus Mozart, wat twee-en-’n-half eeue gelede ook as wonder-kind bekend geword het.
Guillaume was ’n jaar oud toe hy die eerste note op ’n klavier in sy ouerhuis suidoos van Parys, Frankryk, gespeel het. “Ek het hom op my skoot getel toe ek gespeel het,” vertel sy ma, Claire, ’n amateurmusikant. “Guillaume…