John Moodey, wat pas as Gautengse DA-leier be-dank het, het twee jong DA-wyksraadslede aan die Oos-Rand “geïntimideer” om die loopbaan van
Mike Waters met valse klagtes van seksuele toenadering te vernietig, word beweer in ’n vertroulike verslag van dié party se federale regskommissie, die FLC.
Waters, ’n stigterslid van die DA, is ’n DA-LP en kiesafdelingshoof in Ekurhuleni.
Die verslag is gister aan Rapport gestuur, saam met transkripsies van klankopnames wat dié twee jong proporsionele raadslede, Jordan Lotriet en Lucky Dinake, gemaak het van hul gesprekke die afgelope nege maande met Moodey, asook met Philip de Lange, Ekurhuleni-koukusvoorsitter, en ’n derde, ongenoemde Ekurhuleni-wyksraadslid.
Moodey sou John Steenhuisen volgende maand om die DA-leierspos uitdaag.
Hy het Woensdag gesê een van die redes vir sy bedanking was ’n dissiplinêre klag teen hom…