Die getal bevestigde koronavirusgevalle in Suid-Afrika is onder die hoogste ter wêreld, maar die sterftekoers is heelwat laer as in talle ander lande.
Teen die naweek is 620 123 Suid-Afrikaners al positief getoets vir die Sars-CoV-2-virus – die sesde meeste ter wêreld. Altesame 13 734, oftewel 2,2%, van dié is dood aan Covid-19.
Suid-Afrika se sterftekoers onder bevestigde gevalle is veral baie laer as in Europa.
In Italië, waar die pandemie vroeg reeds uitgebreek het, is die sterftekoers 13,4% en in Brittanje 12,6%, terwyl dit 11,8% in Frankryk en België is. Amerika se sterftekoers is 3,1%.
Dr. Angelique Coetzee, hoof van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama), sê die streng inperkingsmaatreëls in die eerste vyf weke van die epidemie het gehelp om die verspreiding van die virus te vertraag.
“Dit het…