Wysigings aan die Grondwet om uitdruklik vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, is bloot ’n “voëlverskrikker”, want daar is ander maniere om die grondhonger te stil, meen Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese beleid.
Die belangrikste “ander manier” is die herverdeling van grond in staatsbesit.
“Daar is enorme stukke grond in staatsbesit. Dis in besit van munisipaliteite, provinsies en nasionale departemente. Ek weet nie presies hoeveel sulke grond daar is nie en weet nie van enige oudit wat daarvan gemaak is nie, maar daar is beslis groot stukke grond in staatsbesit wat geskik is vir herverdeling,” het Godongwana, ook voorsitter van die ANC se komitee vir ekonomiese beleid, in ’n onderhoud aan Rapport gesê.
“Ons is in die nood oor grondhervorming en die herverdeling van onbenutte staatsgrond…