Die jaarlikse geskenkmark van Mosaïek-kerk in Fairland, Johannesburg is 'n belewenis van mooigoed. Kom maak 'n draai en kyk uit vir ons vrolike Lééf-stalletjie! Kom ontmoet die Lééf-span en koop die jongste uitgawe van Lééf teen 'n afslagprys.
Soos altyd sal daar ook ’n verskeidenheid handwerkgeskenke in tipiese Lééf-styl te koop wees: vlaggies (bunting), lapborsspelde, vrolike yskasmagnete van vilt, skryfbehoeftes, handgemaakte plankie-kersbome, kunswerke, vatlappies, servette, lekkerruikkerse en produkte uit ons LééfSPA-reeks en meer.
Ons stal ook die fraaie voorskote in ons Wys jou hart-handwerkwedstryd met Bernina en Clarins uit. Kom loer vir die mooi, of skaf een aan vir jou kombuis. Dit word ten bate van liefdadigheid verkoop.…
