Verseker en (vir eers) verlig ...
Haelkorrels so groot soos 20c-stukke het Sondagoggend 19 Oktober omstreeks 08:30 op die plaas Rietfontein in die Lichtenburg-distrik in Noordwes geval. Volgens DuToit van der Westhuizen is min skade aangerig aan sy tamaties wat onder skadunette groei, maar hy het nietemin groot geskrik toe die hael begin uitsak. Dit blyk dat dit ’n los haelbui was en volgens DuToit was daar teen Maandagoggend 20 Oktober nie berigte van haelskade elders in die distrik nie. DuToit, wat vir Graan SA as mentor van nuwe boere optree, plant vanjaar ook spinasie, botterskorsies, kool, grondbone, sojabone en mielies. Hy het drie jaar gelede hierdie skadunette van Alnet opgerig en was baie tevrede met die diens wat hy van dié maatskappy gekry het. Hy sê dit is dalk…