Stropers laat waai
Die stropers loop weer in ’n geelmielieland van Zunckel Farms by Bergville in Kwa-Zulu-Natal, en Tyson Zunckel het vroeër dié maand gesê die son het in die laaste week van April ná die weke lange reën begin skyn.
“Die grond het sedertdien baie uitgedroog, maar daar is steeds kolle waar dit só nat is dat die werktuie wil vassit. Ons is so twee weke later met die oes as gewoonlik, maar in die afgelope paar dae het ons goed gevorder. Die sojabone is klaar geoes, en so 50% van die geelmielies is klaar.
“Dinge verloop nou baie beter. Al is daar hier en daar ’n paar slegte pitte, is die gehalte van die mielies sover net-net reg vir YM1.”
Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, het onlangs gesê…