RICHARD KRIGE, nuutverkose voorsitter van Graan SA wat die afgelope vyf jaar ondervoorsitter van dié organisasie was, boer vanaf 1998 op die plaas Boontjieskraal in die Caledon-distrik. Sy boerderyvertakkings bestaan uit koring, gars, kanola, hawer en aangeplante weiding, asook Dohne-Merino- en Dormer-skape vir vleis- en wolproduksie.
Hoe lank is jy al by Graan SA betrokke?
Ek het in 2001 die eerste keer Graan SA se kongres as ’n afgevaardigde lid bygewoon en was van 2010 af deel van verskeie werkgroepe. In 2012 is ek tot Graan SA se direksie verkies. Van 2017 af het ek in die dagbestuur gedien en in 2020 is ek tot ondervoorsitter verkies.
Ek besef nou dit klink soos ’n leeftyd, maar dié tyd het eintlik baie vinnig verloop. Ek het baie mense leer ken, terwyl…
