In die Vrystaat toon 41% van die distrikte ’n gunstige prysneiging vir die 12 maande tot Junie vanjaar. In 1% van die distrikte was daar geen transaksies nie teenoor 6% van die distrikte die vorige 12 maande.
Die TABEL gee ’n opsomming van grondtransaksies groter as 10 ha in die betrokke tyd.
Pryse het veral gestyg by Vredefort (17,3%), Thaba Nchu (16,5%) en Boshof (11,5%). Die noemenswaardigste dalings was by Brandfort (19,7) en Viljoenskroon (11,3).
Atesaam 681 ooreenkomste is in 41 distrikte gesluit. Dit het 317 995 ha teen R4,165 miljard behels.
Ten opsigte van die registrasie van transaksies vir plase van verskillende groottes, lyk dit soos volg (verlede jaar se syfer is tussen hakies): kleiner as 50 ha, 9% (10%); 50-150 ha, 15% (16%); 150-300 ha, 25% (25%); 300-450…