creativecalendarideas@gmail.com
WES-KAAP • 30 Oktober-1 November Moenie Made in the Cape – ’n toonvenster van die beste plaaslike talent – by Cavendish Square in Kaapstad misloop nie. Die uitstallers sluit in silwersmede, juweliersontwerpers, keramiek-, tekstiel- en leerkunstenaars, skrynwerkers en vele ander kreatiewe entrepreneurs. Besoek facebook.com/MadeInTheCape vir meer inligting.
• 7-8 November Handwerk, dekor, speelgoed, klere, keramiekware en kuns word verkoop by die Leisure Isle Festival op Knysna om geld in te samel vir ses liefdadigheidsorganisasies. Daar is ook ses skoutuine, ’n tentoonstelling van klassieke motors, ’n stalletjie met tweedehandse boeke, fynproewerskos en ’n biertuin asook speelplek vir die kinders. Meer inligting: leisureislefestival.co.za.
KWAZULU-NATAL • 7 November Die Innistraat-straatfees op Winterton sluit in kulturele aktiwiteite, musiek (onder meer ’n marimba-orkes en die Drakensbergse Seunskoor), kosstalletjies, boetiekbier, wynproeë en nog…