Ek het nog altyd geglo as daar een gegewe in die lewe is, is dit dat dinge verander. In ons wêreld van tydskrifte behoort dit in vet letters bo-aan jou lysie van persoonlikheidseienskappe te staan: ‘Ek hanteer verandering goed.’ Of dalk selfs: ‘Ek verwelkom verandering met ope arms.’ Want hier verander dinge vinnig.
Binne net tien jaar moes ons leer klaarkom met minder as ’n kwart van die mense as wat ons voorheen gehad het, ons hou markte, maak selfdoenvideo’s, gee ’n weeklikse digitale nuusbrief uit, bly daagliks in kontak op sosiale media én ons het onlangs ons eie televisiereeks, ’n Ster vir my bed, getakel. En ek kla nie, want dis alles opwindend en nuut en hoofsaaklik heerlik. Niks soos ’n uitdaging om ’n mens jonk en op jou…
