Word wakker!
Twee woorde, en ek sit regop.
Li Edelkoort, een van die wêreld se voorste tendensvoorspellers, se praatjie as deel van Kaapstad se jaarlikse Design Indaba wil ek nooit misloop nie. Want in net drie uur skets sy die wêreld, oos na wes, noord na suid, in al sy verbysterende kleur, sy fabelagtige vorms en unieke kreatiwiteit. En begryp jy, wéér ’n keer, die uitsonderlike dinamika tussen ons en ons planeet. Hoe oorsaak en gevolg uitspeel en hoe alles tog verbind is. Jy connect the dots.
Verlede jaar het sy gepraat oor die opkoms van bruin, lank vergete, maar ’n skakering sagter en meer vergewend as swart. Simbolies van die aarde, die kleur van toenadering, kan jy maar sê. Iets wat die mensdom broodnodig het.
Vinnig het ons die…
