Madagaskar, ’n eiland in die Indiese Oseaan, het meer as 160 miljoen jaar gelede tydens die verbrokkeling van die superkontinent Gondwanaland verwyderd geraak van Afrika. Só in isolasie het die fauna en flora totaal uniek ontwikkel.
Op Madagaskar is geen giftige slange nie, die grootste en kleinste verkleurmannetjies wat bestaan kom hier voor, daar groei ses van die wêreld se agt kremetartspesies, en die eiland se wêreldberoemde primate, die vosape of lemurs, is endemies in Madagaskar. Boonop is daar nog die tsingy, die vlieënde vosse, vleisvretende blomme, ruggraatagtige plante . . .
Alles is vreemd
Om te reis is altyd ’n ontdekkingstog. Jy beleef nuwe dinge, ontmoet mense, sien ander landskappe en soms vreemde die-re en plante, ervaar eiesoortige kulture en godsdienste, proe ’n ander cuisine. Maar op meeste plekke…