In die myndorp Stilfontein skink die weduwee se kruik die afgelope paar weke by elke huis wat met ’n geel vlag gemerk is, want dit is waar Covid-19-honger nesgeskop het toe die myne toegemaak het. Pakkies mieliemeel, koekmeel, tee, olie, vars hoender wat glo normaalweg na KFC gaan, eiers, blikkiesvis, melkpoeier en meer word by dié huise afgelewer.
‘Mense het hul harte en spense oopgemaak.’ “Ons het seker al vyf pakkies gekry,” sê Tony Hughes, ’n pensioentrekker. Sy huishouding bestaan uit drie volwassenes en langsaan, waar ook ’n geel vlag is, is daar drie volwasse en twee kindermonde wat gevoed moet word.
Dis net die hondjies waaraan niemand dink nie, sê hy.
Laer af in die straat, by Marie en Joggie Roets se huis, is altesaam nege mense van die…