Die totale inkomste uit seevisserye en verwante dienste in 2018 was 3,8% hoër op R16,1 miljard, vergeleke met 2017 se inkomste van R15,5 miljard, wys Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste sensus oor dié bedryf.
In 2018 het die toptien-ondernemings in die seevisserybedryf 68,5% tot die totale inkomste bygedra, blyk uit die sensus wat Dinsdag gepubliseer is.
Groot ondernemings met ’n jaarlikse inkomste van meer as R22,5 miljoen het 89,3% tot die totale inkomste in die seevissery- en verwante dienstebedryf bygedra en was verantwoordelik vir 78,9% van indiensneming.
Klein, middelslag- en mikro-ondernemings het 10,7% tot die inkomste bygedra, maar was verantwoordelik vir net meer as 21% van indiensneming, sê SSA.
Die totaal wat in 2017 aan salarisse en lone in die bedryf betaal is, was R2,55 miljard. In 2018 was dit…