Doener van nog, noem Karen Kelly, stilis en eienaar van die webjoernaal Lovilee.co.za en Weddinghangers.co.za, haarself. “Ek wil altyd meer, iets nuuts of anders, aanpak.”
By Lovilee.co.za kan almal met ’n liefde vir dekor en onthaal artikels oor troues, partytjies, huisdekor en meer kry. Karen (32) plaas dikwels doen-dit-self-projekte, gratis aflaaibare patrone en prente en ander idees op die blog met die hoop om ander te inspireer.
“My ma, Lynette, het my en my suster, Elmari, van kleins af aan kreatiewe projekte bekendgestel,” vertel Karen, self ma van ’n driejarige seuntjie. “My ma was ’n onderwyseres wat vir ’n tydperk huishoudkunde gegee het. Ek en my sussie het saam die proefsessies gedoen van die projekte wat in die klas onderneem sou word.
“Elmari het die kookkuns bemeester en ook modeontwerp…
