GOEIE vrugte-oeste, tesame met die herstel van die mark vir lewendehawe en die goeie oorstaanvoorraad van graan, het tot die groei in uitvoer bygedra.
Volgens data van Trade Map was uitvoer 3% hoër as in die vorige jaar. Die groei geld vir die hoeveelheid produkte wat meer was, sowel as hoër pryse vir sommige produkte.
Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, sê die vernaamste uitvoerprodukte in waarde sluit sitrus, druiwe, mielies, appels, pere, wyn, neute, vrugtesappe, suiker, bessies, dadels, pynappels, avokado’s, wol, appelkose, perskes, appelwyn en beesvleis in.
Met 44% van die totale waarde was Afrika verreweg Suid-Afrika se grootste bestemming vir landbou-uitvoer. Die produkte het mielies, mieliemeel, koring, suiker, vrugte, wyn, sonneblom- en sojaboonolie en rys ingesluit.
Asië en die Midde-Ooste was saam die tweede grootste uitvoerbestemming (21%) met produkte…