Die laaste maande van winter, voor die somer in volle gang is, bring unieke struikelblokke vir ekstensiewe veeprodusente. Hierdie tyd, dikwels bekend as die “maermaakmaande”, vereis strategiese beplanning en bestuur om te verseker dat diere in goeie liggaamskondisie bly. Dit is die tyd wanneer natuurlike weiding die laagste voedingswaarde bied – dikwels nie voldoende vir die onderhoud van vee nie.
In dié tyd daal proteïenvlakke in die veld, terwyl die hoeveelheid strukturele koolhidrate, soos lignien, toeneem. Dit veroorsaak ’n afname in smaaklikheid en verteerbaarheid, wat uiteindelik diere se droëmateriaalinname verminder.
Hierdie veranderinge kan veroorsaak dat diere liggaamskondisie verloor, wat weer ’n nadelige impak op hul gesondheid en produksie het. Diere met hoë voedingsbehoeftes, soos lakterende koeie of jong, groeiende vee, is veral kwesbaar. Dit kan ook finansiële implikasies hê weens…