Danksy selfone is dit makliker as ooit om in kontak te bly, maar dit open ook die deur vir nuwe maniere van wankommunikasie en frustrasie.
Wat vir jĂłĂș reg voel, soos spontane video-oproepe, of lang voice notes, weerwaarskuwings of daaglikse versies stuur, is dalk vir iemand anders onbedagsaam of selfs irriterend.
âOm jou eie kommunikasiegewoontes te verstaan, en te erken hoe ander verkies om te kommunikeer, is noodsaaklik om spanning te vermy en gesonde verhoudings te handhaaf,â sĂȘ Brett van der Schyff, ân Kaapse kliniese sielkundige. âDiĂ© klein irritasies lyk dalk nietig, maar dit kan verhoudings geleidelik bemoeilik, veral omdat selfone ons primĂȘre manier geword het om in kontak te bly.â
Kyk ân bietjie na diĂ© maniere hoe jy ander dalk onbedoeld irriteer, of dalk sĂ©lf verpes word, en onsâŠ