JY BENODIG
tulle (2,5 x middellyfmaat, plus 3 cm) drie stukke maasstof (2,5 x middellyfmaat, plus 3 cm) voering (2,5 x middellyfmaat, plus 3 cm) bypassende masjiengare 20 cm-ritssluiter ’n 18 mm-knoop aanstryk-tussenvoering SO MAAK JY
LET WEL Alle naattoelatings is 1,5 cm.
1 Die romp bestaan uit ’n voeringlaag, gevolg deur ’n tullelaag en laastens drie lae van die maasstof. Knip die breedte van elke stuk materiaal op die verlangde lengte van die romp, plus 1,5 cm vir ’n naattoelating by die middellyf. Gebruik die oorskietstuk voering om ’n middellyfband te knip wat 9 cm breed is. Die lengte van die middellyfband moet die middellyfmate wees, plus ’n ekstra 2 cm (om genoeg plek te laat vir die ingeplooide naattoelating van die romp), plus 3 cm vir ’n onderslag,…
