Alle jonge juffers is mal daaroor om voor die spieël op te tof, maar dis nie iets wat ’n mens vir Jo-Ann Griessel, Durbanse ma van drie en eienaar van die handelsmerk Pink Marley, hoef te vertel nie.
Jo-Ann, wat mode-ontwerp gestudeer het by die Linea Academy in Durban, het op haar magdom ondervinding in die klerebedryf staatgemaak toe sy vroeg verlede jaar besluit het om haar eie klerereeks bekend te stel.
‘Ek het baie jare in die klerebedryf gewerk en altyd daaroor gedroom om eendag my eie klerereeks te hê,’ vertel sy. ‘Toe my seuns, Bailey en Kelly (nou onderskeidelik 12 en 10 jaar oud), nog klein was, het ek gedink ek wil ’n klerereeks vir seuntjies ontwerp, maar niks het daarvan gekom nie. Toe my dogtertjie, Lily (4),…
