Hy kom uit die Kalahari en ná vele omswerwinge boer en bly hy weer in die Kalahari.
“Groot” Flippie van der Merwe het as student, rugbyspeler en werker die Kaap, Klein-Karoo, Vrystaat, Wes-Transvaal en Noord-Kaap deurkruis, voordat hy agt jaar gelede teruggekeer het na die plaas wat al sedert 1897 in sy familie se besit is.
Halfpad tussen die plekke Dibeng en Hotazel is sy plaas, Cob-ham. Van der Merwe, een van die grootste Bokke van alle tye, boer daar met Simbra-beeste. Cobham, vertel hy, is genoem na ’n nedersetting in Surrey, Engeland.
“Die landmeter was van Engeland, en daarom is die meeste plase vernoem na Engelse dorpe,” vertel hy.
“Die grond is reeds vir drie geslagte, vanaf 1897, in ons besit.”
Die voormalige Springbok-stut en sy vrou, Karin, woon…
