Een uit sewe mense sê in ’n opname hulle sal ander vorme van reis as vlieg kies om die omgewing te beskerm, selfs al is dit duurder en ongeriefliker.
Nog 29% sal ’n alternatiewe vorm kies as dit gerieflik is en dieselfde kos, blyk uit ’n opname van Ipsos namens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF).
Die opname, onder sowat 19 000 volwassenes tussen 18 en 74 jaar, is in 27 lande gedoen waaronder China, Amerika, Suid-Afrika, Turkye en Maleisië.
Volgens Ipsos steun veral mense jonger as 35 jaar en gegradueerdes alternatiewe vorme van reis, en respondente in dié groepe in veral China, Suid-Afrika, Suid-Korea, Indië, Swede en Saoedi-Arabië oorweeg alternatiewe reismetodes sterk.
The New York Times berig lugreise is verantwoordelik vir sowat 2,5% van kweekhuisgasvrystellings. ’n Afsonderlike studie wys die…