Julie McCarthy, wat kursusse in emosionele intelligensie vir kinders aanbied, sê kinders met ’n gesonde selfbeeld is gedrewe, neem maklik besluite, hou daarvan om te sosialiseer, luister goed, is versigtig en georganiseerd, gee aandag aan detail en is respekvol. Hulle is selfgeldend, ambisieus, warm, entoesiasties, gaaf, dapper, oop, geduldig, bestendig en het ’n sterk wil. Daarteenoor is ’n narsistiese kind aggressief, veeleisend, selfbehep, bakleierig, impulsief, hardkoppig, krities, angstig, skaam en perfeksionisties. Hulle luister nie, hul aandag word maklik afgelei, hulle hou nie van verandering nie en is moeilik tevrede.…