Lumé Naudé van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria vertel sy wou bo alles elegant lyk op haar matriekafskeid. En geen moeite is ontsien nie. “Elke tikkie detail, van my hare, oorbelle, grimering, skoene, rok, kar tot my blomme moes elegant en stylvol wees. Ek het dit so eenvoudig en funksioneel as moontlik probeer hou, maar dit moes steeds stylvol en vroulik lyk,” vertel sy.
Sy het vir Mauritz van der Walt gevra om haar na die afskeid by die Weiveld-kuierplek te vergesel.
Tayla Goosen van die Hoërskool Menlopark het self die idee vir haar unieke rok van ’n satynkortbroek onder ’n lang romp wat uitklok en oopmaak met ’n hoë spleet, uitgedink. Dis gekombineer met ’n sexy, noupassende, kort, blink spantoppie. Haar metgesel was Michael Schoeman. Hulle sê die…
