Geskep vir outonomie
John Deere is besig om tradisionele werktuie met sagteware, satelliettegnologie en datainsameling en -verwerking te kombineer om outonome trekkers en alternatiewe aandrywingstelsels te ontwikkel. Dié “tegnologiestapeling” kan lei tot groter doeltreffendheid en volgehoue vermoë verskaf aan die krimpende aantal boere en plaaswerkers wat in die wêreld se voedselbehoeftes moet voorsien. Justin Rose, president van John Deere se wêreldwye landbou-en-grasafdeling in Europa, Afrika en Asië, het op die pas afgelope Agritechnica 2025, die wêreld se leidende handelskou vir landbou-tegnologie, in Hannover, Duitsland, gesê dié ontwikkelinge kan lei tot groter presisie, spoed en gehalte, asook langer werktyd, berig Amelia Genis, wat die skou namens Landbouweekblad bygewoon het. John Deere is besig om hernubare brandstof- en elektriese opsies te ontwikkel, wat koolsuurgasvrystellings kan verminder, en het ’n elektriese trekkerprototipe bekend…