MAKLIK VIR ’N WEEKSAAND
Vinnige varkvleiskerrie
• 1 ui, gekap• 45 ml olyfolie• 30 ml vars gerasperde gemmer• 3 knoffelhuisies, fyngekap• 1 groen brandrissie, fyngekap• 5 ml gemaalde koljander• 15 ml komyn• 2 ml borrie• 15 ml kerriepoeier• 1 blik (410 g) gekapte tamaties• 125 ml water• Sout, swartpeper en knippie suiker• 30 ml olyfolie• 750 g varkfilet, in dun repies gesny• 100 ml dik, natuurlike jogurt• Sap van 1 suurlemoen• Geroosterde kasjoeneute en vars koljander, om voor te sit
Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die gemmer, knoffel, brandrissie, speserye en kerriepoeier by en braai tot geurig. Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker. Terwyl die sous prut, verhit die…