Die polisie wil 200 oudpolisiemanne weer aanstel in ’n poging om kundiges te werf vir sy spesialiseenhede. Die poste is verlede week geadverteer.
Brig. Vish Naidoo, ’n nasionale polisiewoordvoerder, sê die poste is vir polisiespesialiste. Hulle sal onder meer in die eenhede teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe en openbare orde asook in die nuwe moord-enroof-eenheid en die eenheid teen taxigeweld ontplooi word.
“Ons nooi opgeleide en bekwame polisiebeamptes van enige range uit om aansoek te doen,” sê hy.
Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het einde Mei aangekondig die polisie gaan weer gespesialiseerde polisie-eenhede gebruik om prioriteitsmisdade te ondersoek.
Jackie Selebi, destydse polisiekommissaris, het die eenhede in 2001 gesluit – wat volgens kritici bygedra het tot ’n toename in geweldsmisdaad.
Dr. Johan Burger, polisiekenner en navorser by die Instituut…