Al word aansienlik minder geweldsmisdade in die inperkingstyd aangemeld, word daar gevrees dat veral armoede en honger tot ’n ernstige toename in rooftogte, inbrake en diefstal kan lei.
“Ons verwag namate die in-perking versag en die ekonomiese krisis verdiep ’n toename in armoedegedrewe misdade, soos diefstal, straatrooftogte, inbrake by ondernemings en huise, geslagsgegronde geweld en open-bare geweld, kubermisdaad, korrupsie en xenofobiese aanvalle,” het adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, gesê.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, verwag ’n besliste toename in misdaad omdat derduisende mense weens die inperking honger ly.
“Ek dink nie mense besef die gevaar nie van ’n land waar miljoene mense wat reeds bitter min het om te verloor, se menswaardigheid ook weggeneem word. Meer mense wat nie voorheen by geweld betrokke sou raak…