Leslie Matuson, sakereddingspraktisyn wat die SAL van ondergang moet red, sê hy kan nie vliegkaartjies van die wankelende lugdiens waarborg nie.
“In dié stadium is ek in onophoudelike vergaderings om my van die toe-stand by die SAL te vergewis. Enige waarborge of versekerings wat ek oor vlugkaartjies gee, sal nie op feite gegrond wees nie. Ek gaan die hele naweek daarmee besig wees,” het hy aan Rapport gesê.
Natalia Rosa, woordvoerder van die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagente (Asata), sê geen reisagentskappe buiten Flight Centre het sover amptelik aangekondig dat hulle nie meer kaartjies van die SAL verkoop nie.
Flight Centre het dié stap tien dae gelede gedoen.
“Vliegkaartjies van die SAL is steeds vrylik beskikbaar, maar mense wat die kaartjies koop, moet baie seker maak dat hulle voldoende reisversekering uitneem…