By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Toe ek meer as ’n jaar gelede ’n hoëvet-laekoolhidraatdieet my nuwe manier van eet gemaak het, was daar twee besonder heerlike pluspunte. Die eerste was die gereelde genot van brosgebraaide varkvet wat skuldvry kraak tussen my tande; elke keer as ons eet dat ons lippe sommer so blink, herhaal ek met ’n gelukkige glimlag: ‘Môre is ons weer ’n kilo af.’ En tweedens die bakke bessies wat deesdae in my yskas pronk – bloubessies en frambose om saam met jogurt en amandels vir ontbyt te eet, en aarbeie vir saam met room vir poeding op spesiale dae. Nodeloos om te sê het die twee kosartikels in hierdie uitgawe my sielsgelukkig gemaak. My hoofgereg vir Kersete is uitgesorteer en met ’n paar klein veranderinge die nagereg ook. Nou nog net die…
@home 0860 576 576 Abode 072 261 3540 Accessorize 021 447 7718 Biggie Best 021 534 8662 Call it Spring 021 551 1527, 031 584 7431 Chair Crazy 011 791 6512, 021 465 9991 Cotton Candy 082 460 0603 Die Smous 083 264 6026 Exclusive Books 011 798 0000 Game 011 427 3000, 021 555 7500 Ginger Ray 0861 333 624 In Good Company 079 041 8927 Kitchen Republic 021 946 1599 Lulu Belle 012 346 6424, 021 671 5728 Macaroon Collection 012 348 9077 Mango 011 783 7907 Melissa’s 021 888 2999 Merrypak 021 531 2244 Miglio Designer Jewellery 086 130 4050 Model Railroad Specialists 021 761 3070 Monkeybiz 021 426 0145 MRP Home 0800 21 25 35, 031 367 9304 My Pretty Vintage 021 551 2242 Nerf-af 084…
WES-KAAP 27 November-Maart 2016 Titanic: The Artifact Exhibition word by die V&A Waterfront in Kaapstad gehou met verskeie regte artefakte uit die Titanic en skaalmodelle van dele van die skip. Die vrieskoue temperatuur van daardie nag word herskep en daar is ook ’n opsionele Titanic-ete. • Kaartjies is beskikbaar by webtickets.co.za. 5 Desember Besoek die nieregeringsorganisasie Soil for Life in Constantia, Kaapstad, en leer om jou eie organiese kos te kweek. • Besoek soilforlife.co.za. OOS-KAAP 5 Desember 2015-9 Januarie 2016 Die Rhodes River Park-mark word Saterdae langs die hoofstraat in Rhodes naby Barkly-Oos gehou. Maak ’n draai vir handwerk, vars vrugte en groente, boerekos en veel meer. • Bel 083 327 1724 vir meer inligting. KWAZULU-NATAL 15-19 Desember Die KZN Christmas Market Festival in Hillcrest spog met die mooiste handgemaakte…
HANDWERK & LEEFSTYL Kreatiewe kinderkamers – Sam Scarborough (H&R, R280) Dié boek gee 50 projekte, van maklik tot moeilik, om jou kind se kamer mooi te maak. Daar is idees vir alle ouderdomsgroepe, van baba en kleuter tot ampertiener en jong volwassene. Wenke word ook gegee vir klein veranderings wat ’n groot verskil maak. Kry onder andere idees vir bêreplek, beligting, muurversierings en vloerbedekkings. Kreatiewe inkleurboek vir grootmense 5 (H&R, R135) Die inkleurgier is nog lank nie verby nie, en in dié jongste boek in die reeks is die natuur aan die beurt. Die pragtige blom-, voëlen insekpatrone wissel van fyn en gedetailleerd tot groot en reëlmatig, en jy sal die kreatiewe siel in jou behoorlik kan herontdek. Die boek sal ook ’n goeie geskenk vir natuur- en kunsliefhebbers maak.…
designbyclaire.co.za Claire Norden van KwaZulu-Natal is ’n opgeleide grafiese ontwerper wat bekend is vir haar kinderboekillustrasies en kleurvolle kunswerke. Sy is ook lief vir handwerk en reis. Hoewel sy pas begin blog het, is dit die moeite werd om gereeld te loer waarmee sy doenig is. Op haar blog deel sy boekillustrasies en die dinge wat haar inspireer of haar hart ’n loflied laat sing. Sy ontwerp ook digitale papier en partytjie-ontwerpe wat jy kan uitdruk en verander. local-lovely.com Die vryskut-kosskrywer, -tuiskok en -fotograaf Sophie Hansen en haar man boer met herte op hul plaas wes van Sydney. Hulle verkoop dié wildsvleis by plaasmarkte en aan sommige van Australië se toprestaurante. Sophie se blog is ’n versameling resepte en hulpbronne vir mense wat graag plaaslik wil eet. Sy deel ook…
Toe dié pragtige foto’s van Marion van der Vliet se huis in ons kantoor land, was ons dadelik dolverlief op haar delikate, romantiese aanslag. Marion besit die Nederlandse aanlynwinkel brocant-elle.nl, en omdat mooi ou meubels en versierings haar brood en botter is, voeg sy elke jaar net slim detail by om haar huis vir die feestyd mooi te maak: Eenvoudige groen takkies vorm ’n krans bo die kombuisdeur of ’n klein versiering op ’n stoel, terwyl detail soos pienk fluweellint weer ’n feëverhaal-voorkoms en -gevoel verleen. ‘Ek is mal oor Franse meubels,’ sê Marion. ‘Ek gee nie om as goed oud en afgeleef is nie. Kant en verbleikte kleure is wonderlik om mee te werk. Ek maak elke naweek ’n draai by die vlooimarkte om mooi goed te soek vir…