GOED VIR JOU!
Daar is bewyse dat boegoe as behandeling vir sekere veltoestande soos ekseem kan dien, en ’n gesonde vel tot gevolg kan hê. Dis ook ’n goeie ontgiftingsbestanddeel wat die niere stimuleer om van gifstowwe ontslae te raak. Smeer dit aan of drink dit – dis goed vir jou! Kies uit Cape Kingdom se First Aid Gel, R87,99, Derm-Active Moisturising Cream, R75,89, Buchu Detox Tea, R65,95 en Buchu Joint Capsules, R176,99. By Dis-Chem, Wellness Warehouse, Food Lovers Market en Takealot beskikbaar.
BEGIN DIE DAG REG
Ontbyt sit jou metabolisme vir die dag aan die gang. Begin jou oggend reg met Canderel Granola as jy nie tyd vir ’n volledige ontbyt hê nie. Hierdie gesonde ontbyt het geen bygevoegde suiker nie en is in drie heerlike geure beskikbaar –…
