NÓG ’N VOORDEEL VAN KOFFIE
Nuwe navorsing toon ’n verband tussen matige koffiegebruik en ’n verminderde risiko om metaboliese sindroom te ontwikkel. Dit word aan die polifenole in koffie toegeskryf en dit help glo vir mans én vroue. Dit help ook om gewig te verloor, nie te rook nie en genoeg oefening te kry.
oase in die stad
Stadsbewoners wat parke, sportgronde, woude, damme en tuine in ’n stad vir fisieke aktiwiteite, ontspanning en rustigheid gebruik, het minder stres en dit gee hulle verstandelik en fisiek ’n hupstoot. Groen gebiede word ook met beter luggehalte, koeler temperatuur en minder geraas verbind.
HONDEJARE
Ons kom al jare met die idee dat een mensejaar sewe hondejare is. Die slim mense reken ons het het dit nog altyd verkeerd bereken en dat agt…
