Sommige koorlede is al jare deel van die Ndlovu-familie, soos Sandile Majola (25). Dít is nou die outjie wat tydens hul eerste oudisie op AGT met sy skitterwit glimlag geskree het: “Hello, America!”
Sandile is ook die koorbestuurder en trots om te kan sê hy is een van sewe sibbe waarvan vier deel van die jeugkoor was. Die ander drie, twee susters en ’n broer, het almal suksesvolle beroepe. Sandile sê: “Dit is danksy die koor en die positiewe mense met wie ons hier omring is, dat ons gemotiveer was om iets met ons lewe te doen. Ons word gemotiveer om ’n doelwit te stel en daarvoor te werk.”
Hy het as 15-jarige, skaam tiener sy sussie, Busi, na haar oudisies vir die koor vergesel.
“Ek het geweet ek wil…