“Ek laat waai met geloof, hoop en liefde!” sê die pianis, komponis, TV-aanbieder, skrywer, fynproewer en kunstenaar Rocco de Villiers (54). “Musiek en mense, my lewensmaat van 23 jaar, ons drie honde en my nuwe Toyotabakkie vuur my aan om elke dag met hernieude energie aan te pak!”
Hy sê elke dag sou soveel beter gewees het as dit van vooroordeel, geweld teen kinders, vroue en diere, boelies, arrogansie én plastiek gestroop was.
Party mense reken hy is onse eie Liberace, Richard Clayderman en Elton John. Rocco erken min mense het geglo dat dit moontlik is om ’n volhoubare sololoopbaan as klavierspeler in Suid-Afrika te hê.
“Ek het eintlik geen verwysingsraamwerk gehad nie, ek is nooit ‘ontdek’ nie en niemand het my vir optredes bespreek nie. Ek moes alles self…
