Julle is al sedert laerskooldae vriende en nou laat weet jou boesemvriendin hulle trek sak en pak Australië toe. Jy gun haar net die beste, maar hoekom is jy dan so hartseer en kwaad?
“Natuurlik sal mens hartseer of kwaad voel en verlies ervaar. Hanteer dit. Hoe meer mens probeer om ’n emosie te onderdruk, hoe sterker wil dit na vore kom. Sê sommer hardop vir jouself: ‘Ek is kwaad en dis oukei dat ek só voel.’ Erken dit, maar moenie toelaat dat dit jou gedagtes en lewe oorheers nie,” sê Amanda de Lange, ’n lewensafrigter van Pretoria.
Dis alombekend dat verhuising een van die spanningsvolste gebeurtenisse is wat mens kan deurmaak, maar Jorgan Harris, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg, meen “emigrasie is verhuising maal tien!” Dit veroorsaak nie net…