Maria en Alwyn Neethling en hul seun, Alwyn jr, woon in Langerug op Worcester. Maria was ’n binneversierder, Alwyn is die hoofoperasionale beampte by Victoria & Albert-baddens en Alwyn jr studeer.
Maria en Alwyn het die huis net voor hul troue in 1995 gekoop. “Dit was die lelikste huis in die straat, maar in die regte omgewing, sentraal geleë en binne loopafstand van al die skole,” vertel sy. Boonop is die huis op ’n dubbelerf, baie stewig gebou en daar was baie potensiaal om hul eie stempel daarop af te druk. Die huis is van die vorige eienaar, oom Barnie, Tolla van der Merwe se skoonpa, gekoop.
BOU EN BREEK
Maria vertel die huis lyk glad nie meer soos dit destyds gelyk het nie – die enkelspoorgaragepaadjie met lae Vibracrete-muurtjie…
