4,65 m
Dié hoeveelheid reisigers wat in Desember 2019 deur Suid-Afrikaanse grensposte die land binnegekom, vertrek het of in deurgang was, is 1,7% minder as die 4,74 miljoen in die ooreenstemmende tyd in 2018.
Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) bestaan die getal reisigers uit 1,47 miljoen Suid-Afrikaners en 3,17 miljoen buitelandse reisigers.
Onder buitelandse besoekers was 981 038 toeriste wat oornag het. Sowat 256 000 was van oorsee, sowat 710 000 uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en net meer as 12 000 van ander Afrikalande. Die res het nie gespesifiseer nie.
Meer as 63% van oorsese toeriste wat Suid-Afrika in Desember besoek het, was uit Europa, sowat 15% uit Amerika, 9% uit Asië, 5,5% uit Australasië, 4,9% uit Sentraal- en Suid-Amerika en 1,5% uit die Midde-Ooste, sê SSA.
400 000
Dít is…
