Elke jaar op 2 Julie en 16 Augustus word die stadsplein van Siëna in Toskane, Italië, omskep in ’n perderenbaan. Dan ding tien van die 17 contra-de (distrikte waarin die ou stad verdeel is) mee om die hoogste eer wat jou in dié stad kan meeval, ’n oorwinning in die Palio di Siena.
Dit word al eeue lank jaarliks op die Piazza del Campo gehou. Die eerste sewe contrade is die wat nie aan die vorige palio deelgeneem het nie en die ander drie word uit ’n hoed getrek.
Elke contrada het ’n embleem, vlag en kleure. Daar’s die arend, slak, golf, swart luiperd, woud, skilpad, uil, eenhoring, skulp, toring, ram, ruspe, draak, kameelperd, ystervark, wolvin en gans.
Die palio vind eintlik plaas oor vier dae, verduidelik ons gids Silvia…